Terwyl meeste paartjies vandag Valentynsdag vier, viergeskiedkundiges die 60ste herdenking van die instelling van die rand as Suid-Afrika se geldeenheid.
Ná die aanbevelings van die Desimale Muntwesekommissie in 1958 aanvaar is, is die Britse styl ponde, sjielings en pennies vervang deur rande en sente teen ʼn wisselkoers van ongeveer R2 vir £1 in 1961, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) gesê.
Inflasie, wat teen die verbruikersprysindeks gemeet word, is die sleutel-aanduier van die wisselwaarde van geld. Suid-Afrika het sedert minstens 1895 ʼn tipe verbruikersprysindeks begin produseer en SSA verskaf inflasiesyfers sedert 1911 op sy webwerf.
Tussen 1961 en 2020 het pryse met byna 97 keer verhoog. Dit beteken dat ʼn mandjie goedere en dienste van R100 in 1961, sowat R9 700 in 2020 sal kos.
Die jaarlikse inflasie was 1,6% in Februarie 1961, en die gemiddeld vir die hele 1961 was 1,9%. Die 1960’s was ʼn periode van gemiddeld lae inflasie en het ʼn piek van 4,6% behaal in November 1966. Inflasie het tydens die 1970’s en 1980’s toegeneem en die hoogste vlak van 19,7% is in September 1986 aangemeld. Jaarlikse inflasie was gemiddeld 8% in die periode sedert die rand vir die eerste keer ingestel is.
Huishoudelike brandstof en ligte en vervoerkategorieë was in 1961 die grootste drywers van inflasie op 3,5%. Voedselinflasie was 2,1% en klere en skoene het geen verhogings in 1961 gehad nie.
Die Buro vir Sensus en Statistiek het, net soos SSA (jongste data is vir Desember 2020), gemiddelde pryse van ʼn rits verbruikersgoedere gepubliseer. Dit beteken dat interessante vergelykings getref kan word. Alhoewel die geldeenheid in 1961 oorgeslaan het na die desimaal, was die imperiale metingstelsel tot1974 in gebruik. Vir eenvoudigheid is ʼn pond verander na 500 g, alhoewel dit nader is aan 450 g. Vergelykings word verder bemoeilik deur veranderinge in die gehalte en verpakking van goedere.
Grafika: Statistieke Suid-Afrika
1 kg wit brood (winkelgebak) in 1961 het 9c gekos, in vergelyking met R15,21 vir 700 g (gesny)
Mieliemeel was beskikbaar in ʼn 5 kg-katoensak vir 30c – ʼn soortgelyke grootte kos vandag R49,27
Hoender was 70c per kg in vergelyking met R58,09 in 2020
340 g blikkiesvleis het in 1961 sowat 29c gekos en ʼn kleiner 300 g-blikkie het verlede jaar R27,21 gekos
ʼn Dosyn groot eiers het 34c in 1961 gekos en is tans R37,60
Tamaties kon vir 20c/kg gekoop word en dit kos nou R20,74/kg
Appels het 23c/kg in 1961 gekos en kos tans R15,76/kg
Gemaalde koffie was 87c vir ʼn 1 pond-pakkie. Twee 250 g-pakkies word vandag vir gemiddeld R147,38 verkoop
ʼn Pint (570 ml) bier het 16c gekos – en jy kon die bottel teruggee vir ʼn 2c-terugbetaling! Wanneer dit toegelaat word, kan jy vandag ʼn 330 ml-lager vir sowat R14,56 aanskaf (sonder enige terugbetalings)
Sigarette het 19c gekos vir ʼn pakkie van 20. Dit kos nou sowat R43,14 vir dieselfde hoeveelheid.
Die rand naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme.
‘n Rand word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c)
Die rand is beskikbaar in sewe muntstukke (5c, 10c, 20c, 50c, R1, R2 en R5) en 5 note (R10, R20, R50, R100 en R200). Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
Die ISO-geldeenheidkode is ZAR (afgelei van Nederlands: Zuid-Afrikaanse Rand), en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
Die eerste banknote het die afbeelding van Jan van Riebeeck, die eerste Nederlandse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop, gedra. In die 1980’s is die note herontwerp met afbeeldings van inheemse grootwilddiere, soos die renoster, olifant, leeu, buffel, luiperd, ens. Op 11 Februarie 2013 is ʼn nuwe reeks banknote bekendgestel waarop die gesig van Nelson Mandela pryk.
Uit die artikel van Statistieke Suid-Afrika:
Rossouw, J, 2020, Diamond jubilee of decimalisation: 60 years of South African rand and cent,
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 3.
Union office of Census and Statistics, 1922, Official Year Book of the Union, government printing and stationery office.
http://www.statssa.gov.za/publications/P0141/CPIHistory.pdf
http://www.statssa.gov.za/?page_id=1847
Bureau of Census and Statistics, 1961, Retail prices of commodities and services, Special report No 254, The Government Printer
Wikipedia https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_rand
Geen intellektuele eienddomsregskending word bedoel met die publikasie van die artikel nie. Dit is slegs vir die verspreiding van informasie. Indien daar enige probleme is kontak ons gerus.
Ondersteun asseblief vir Maroela Media.
Oorspronklike atrikel: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/veels-geluk-rand/
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. This category only includes cookies that ensures basic functionalities and security features of the website. These cookies do not store any personal information.
Any cookies that may not be particularly necessary for the website to function and is used specifically to collect user personal data via analytics, ads, other embedded contents are termed as non-necessary cookies. It is mandatory to procure user consent prior to running these cookies on your website.